Engeland se rekordhouer-skrumskakel, Ben Youngs, het aangekondig dat hy aan die einde van die seisoen uit professionele rugby  tree ná 15 jaar.

Diè 35-jarige het 127 toetse vir Engeland gespeel wat meer as enige ander speler in die land se geskiedenis is en sluit sy klubloopbaan af met sy 332ste wedstryd vir Leicester hierdie Saterdag teen Harlequins.

Youngs wat sy debuut in 2010 vir die Rose gemaak het, het vier Wêreldbekertoernooie en vier Sesnasies-titels agter sy naam en het ook die Britse en Ierse Leeus verteenwoordig.

Ná ’n ernstige hartoperasie  verlede jaar sê hy sy aftrede is bittersoet maar hy is trots op sy reis en is vasbeslote om sy laaste seisoen suksesvol op die speelveld af te sluit.

error: Inhoud is beskerm !!