RUGBY – 4 Internasionale vriendskaplike wedstryde is ook die afgelope naweek beslis ter voorbereiding van die Wêreldbeker-toernooi wat volgende maand in Frankryk afskop.

Engeland was in ’n stryd gewikkel teen Wallis maar kon uiteindelik met 19- 17 op Twickenham seëvier. Die tuisspan se dissipline het hulle erg ontwrig en op ’n stadium was daar net 12 wit truie op die veld.

Nadat die kaptein Owen Farrell met ’n rooi kaart in die 62ste minuut afgestuur was het die tuisspan egter laer getrek en gewys dat hulle beslis ’n faktor by vanjaar se Wêreld rugbyskouspel gaan wees met hierdiè naelskraapse oorwinning.

In die ander wedstryde het Frankryk ook met 30 – 27 teen Skotland geseëvier, Georgië het oor Roemenië geloop met 56 – 6 terwyl Namibië veggees getoon teen Chili en met 28 – 26 die skaal in hul guns kon swaai.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×