Engeland het ‘n terugslag beleef kort voor die afskop van vanjaar se Ses Nasies-rugbyreeks.

Die vleuel Immanuel Feyi-Waboso gaan die reeks misloop weens ‘n skouerbesering.

Hy het sy skouer ontwrig in ‘n Engelse Premierskap wedstryd vir die Exeter Chiefs teen die Sale Sharks.

Die 22-jarige sal ‘n operasie ondergaan en gaan vir ten minste drie maande buite aksie wees.

Die 2025 Ses Nasies-reeks skop op 31 Januarie af, met Frankryk wat gasheer sal speel vir Wallis, terwyl Engeland hulle veldtog teen Ierland afskop op 1 Februarie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×