Die Engelse stut Joe Marler het sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.
Dit kom dae nadat hy die Haka as belaglik beskryf het en gesê het dat dit geskrap moet word.
Marler het Engeland 95 keer verteenwoordig, ‘n silwer medalje gewen by die Rugbywêreldbeker in 2019 en drie Sesnasies-titels.
Marler het in ‘n video gesê dat hy baie hartseer is oor die aankondiging, maar dat hy baie trots is oor die kans wat hy gegun was om sy land op die rugbyveld te kon verteenwoordig het.