Die Springbok-agsteman Evan Roos kan die naweek sy terugkeer vir die Stormers maak in hulle Kampioenebeker-stryd teen die Sale Sharks in Kaapstad.
Roos was op die Stormers se krukkelys vir ‘n halwe jaar na hy in Julie ‘n skouer operasie ondergaan het.
Volgens die Stormers se agterlyn afrigter Norman Laker kan Roos ingesluit word in die span wat die naweek teen die Engelse Premierskap span te staan sal kom.
Die Stormers en Sale Sharks se wedstryd skop Saterdagmiddag om 15:00 af.