Die Springbokke sal vir Felix Jones terug verwelkom in die afrigting span.
Jones was ‘n belangrike deel van Rassie Erasmus se groep afrigters in hulle suksesse tussen 2019 en 2023, waar hy die Bokke gehelp het tot twee Rugby Wêreldbeker oorwinnings, ‘n Britse en Ierse Leeus-toer oorwinning en ‘n Rugby Kampioenskap titel in 2019.
Die voormalige Ierse rugbyspeler het na die afloop van die 2023 Rugby Wêreldbeker by die Engeland aangesluit om nader aan sy familie te wees maar in Augustus 2024 die groep verlaat weens ontevredenheid oor die omstandighede in die groep.
Volgens Erasmus is hul verheug om Jones terug te verwelkom en is opgewonde om hom te sien aangaan van waar hy gestop het in 2023.
Jones sal amptelik op 1 Maart 2025 by die Springbok groep aansluit.