Wallis se mansrugbyspan het oor die naweek ‘n tiende agtereenvolgende wedstryd verloor, nadat hulle geskok is deur Fidji in Cardiff.

Fidji het teruggeveg van ‘n 14-3 agterstand, en het op ‘n kol slegs 13 spelers op die veld gehad nadat agsteman Elia Canakaivata met ‘n geel kaart-, en vleuel Semi Radradra met ‘n rooi kaart, afgestuur is.

Losskakel Caleb Muntz het Fidji na die 24-19 wen gelei met vier strafdoele en ‘n drie, met dit hulle eerste oorwinning ooit teen die Drake.

Dit was die negende ontmoeting op die rugbyveld tussen die twee nasies, met die eerste in 1985.

error: Inhoud is beskerm !!