RUGBY – Frankryk se selfdissipline en oorgretigheid het hom byna sy 2de ronde wedstryd teen Uruguay gekos nadat die gasheerland uiteindelik met ’n telling van 27 – 12 kon seëvier.
Die Hane was nie ’n skaduwee van die span wat die All Blacks in die openingswedstryd getrap het nie terwyl die Los Teros glad nie deur Frankryk geïntimideer was nie en het elke oomblik probeer benut om punte op die telbord te plaas.
Frankryk sal definitief hul dissipline moet opskerp teen Namibië in hul volgende ontmoeting op die 21ste September terwyl Uruguay moontlik Italië kan verras wanneer diè 2 spanne eerskomende Woensdag mekaar die stryd gaan aansê.