Die twee-malige Wêreldbeker wenner Frans Steyn sal die Cheetahs se nuwe hoofafrigter wees vir die 2025 Curriebeker-seisoen.

Steyn wat tans die Cheetahs se Direkteur van Rugby is sal ook deur twee voormalige Bokke bygestaan word wat deel van die afrigterskorps uitmaak. Ruan Pienaar wat verlede jaar die steuwels opgehang het sal die agterlyn onder hande neem terwyl Tiaan Liebenberg die voorspelers sal brei.

Die Cheetahs wat die 2023 Curriebeker-kampioen was sal poog om weer met die silwerware te pronk en die Vrystaat weer ’n krag in die Suid-Afrikaanse rugby te maak.

*Die Blitsbokke kon egter nie die afgelope naweek die suksesverhaal van die Kaapstad sewes-toernooi herhaal nie en moes met die vierde plek in Sydney tevrede wees nadat Spanje die Groen en Goud uitoorlê het met 14 – 7 in die bronsmedalje wedstryd.

Argentinië het weereens bewys dat hulle die top span in diè korter formaat is nadat hy die gasheer Australië met 41 – 7 van die veld af gespeel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×