RUGBY – Die beleërde Franse rugbyster Antoine Dupont is ook sopas ingesluit in die 7’s span vir die Vancouver-toernooi wat Vrydag afskop.
Dupont wat 2021 Wêreldrugby se Speler-van-die-Jaar was in die 15-man spel gaan poog om sy nuwe spanmaats ook na hoër hoogtes in die korter weergawe van die spel te neem.
*Sedert die Wêreld-reeks in 1999 was Frankryk nog net een keer aan die wenkant in 2005 in Parys maar met Dupont se teenwoordigheid sal die Hane die bordjies weer wil verhang terwyl die Fransman ook met sy kenmerkende spel terselfdertyd sy plek wil verseker in die Olimpiese span wanneer diè skouspel op 26 Julie in die Franse hoofstad begin.