RUGBY –  Die uitgeslape afrigter van Wallis – Warren Gatland – het verkies om ’n begin 15-tal met ervaring in te span vir eerskomende naweek se openingswedstryd teen Ierland in die Sesnasies-reeks.

Die slot en voormalige kaptein van Wallis – Alun Wyn Jones – sal Saterdag in sy 156ste toets vir die Rooi Drake speel en sal saam met George North , Dan Biggar , Leigh Halfpenny en Taulupe Faletau weer saam kragte inspan om die Iere te ontsenu.

11 van die 15 spelers in Wallis se beginspan het in 40 of meer wedstryde al die Rooi Trui aangetrek en sal deur die nuwe kaptein en haker Ken Owens aangevoer word.

Diè Sesnasies-reeks skop Saterdag om 16:15 (SA Tyd) tussen Wallis en Ierland af waarna Engeland en Skotland mekaar ook later die aand op die Twickenham gaan pak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×