Die Suid-Afrikaanse sewes rugbyspeler Justin Geduld se tyd by die Blitsbokke het tot ‘n einde gekom.

Die 31-jarige sal nou skuif na die 15-man weergawe van die spel, waar daar verwag word dat hy homself by die Griekwas gaan aansluit.

Geduld het in begin 2013 sy debuut op die sewesreeks gemaak, en het Suid-Afrika in 60 toernooie verteenwoordig.

Luidens ‘n berig in Netwerk24, sal die Blitsbokke na die Kaapstad-sewestoernooi amptelik afskeid neem van Geduld en Rosco Specman.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×