Georgië sal op 12 Julie in Bloemfontein in ‘n opwarmwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs speel voor hul toetswedstryd teen die Springbokke in Julie.
Die wedstryd is deur Georgië aangevra as deel van hul voorbereiding vir hul komende kragmeting met die wêreldkampioene op 19 Julie in Nelspruit.
SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, glo die Cheetahs sal ‘n geskikte uitdaging bied met die span wat tans aan die SA Beker deelneem.
Georgië se hoofafrigter, Richard Cockerill, het ook opgewondenheid oor die wedstryd uitgespreek en dit as ‘n waardevolle toets vir sy span beskou voordat hy die Wêreldkampioen pak.