RUGBY – Die Grant Khomo o.16 rugbyweek het ook gister in die Agter-Paarl afgeskop met skitter spel wat aan die orde van die dag was.

Die WP het die Boland met 41 – 12 afgeransel terwyl die Bulle in die doodsnikke die knoop teen die Haaie met 31 – 27 kon deurhak. Die jong Vrystaters was ook in ’n stryd gewikkel teen Grens nadat hulle met 0 – 13 agtergeloop het maar teruggeveg om uiteindelik met 29 – 20 te kon seëvier terwyl dit veel makliker gegaan het vir die Leeus wat die Valke met 39 – 7 oorrompel het.

Die Pumas het eers in die 2de helfte momentum gekry teen die Griekwas en uiteindelik met 38 – 10 gewen terwyl die Luiperds deurgeskuur het met 15 – 12 teen die Limpopo Bulle.

Die WP 15-tal het sy Vrystaatse eweknie gestoomroller met 50 – 3 waarna Namibië moes swoeg vir ‘n 12 – 10 wen teen Zimbabwe terwyl SWD en die OP ook aan die wenkant was teen onderskeidelik teen die Griffons en Grens-Platteland.

Diè rugbyweek wat by die Hoër Landbouskool Boland plaasvind duur tot Donderdag.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×