Grey Kollege se eerste rugbyspan het Maandag in Bloemfontein die Engelse skool, Denstone College, dronk gehardloop.

Die twee skole het teen mekaar te staan gekom op die tweede dag van die NextGen-15 Globale Skole rugbytoernooi.

Grey Kollege kon spog met ‘n massiewe 62-0 oorwinning, waar AJ Booysen, Siyabonga Kenny en Lamla Mgedezi die uitstaan spelers was.

Die Hoër Landbouskool Oakdale kon intussen vir Hamilton-rugbyklub met 45-17 verslaan, terwyl Grey High School die Skotse skool, Strathallan School, met 17-12 geklop het.

Wedstryde hervat weer Woensdag.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×