RUGBY –  Die Griffons het vir een van die grootste skokke op die rugbyveld gesorg toe die Perstruie die Cheetahs Sondag in die SA Beker-toernooi in Welkom met 36 – 33 geklop het.

Die Vrystaters het nooit werklik op dreef gekom nie en was met 17 minute speeltyd nog voor met 29 teenoor 15 en gelyk of hulle uit die leeukuil gaan ontsnap maar in die 83ste minuut het die skeidsregter Christopher Allison omgehardloop vir ’n strafdrie en die Griffons se hoop nog lewend gehou vir die uitspeelrondes terwyl die Cheetahs se toernooi nou daarmee heen is.

*Die Griekwas en Pumas is tans 1ste en 2de op die punteleer nadat die Poubloues die Boland met 48 – 30 in Wellington kon klop terwyl die Pumas ook die Grens Bulldogs met 56 – 0 in hul agterplaas gestoomroller het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×