RUGBY – 3 Curriebeker wedstryde word die naweek beslis.

Die Pumas reis na Pretoria waar hul later vanaand teen die Bulls sal uitdraf. Vir die Laevelders is dit ook ‘n Moet-Wen wedstryd aangesien hul tans 5de op die puntetabel is en kan met ‘n oorwinning hul kanse versterk om vir die halfeindronde te kwalifiseer wat oor 3 weke plaasvind.

Die wedstryd tussen die Lions en Westelike Provinsie is egter van akademiese belang aangesien beide spanne nie meer vir die semi-finale kan kwalifiseer nie.

Die hoogtepunt van die naweek gaan beslis die tweestryd tussen die Toyoya Cheetahs en Griekwas in Kimberley wees.

Die Poubloues sal moet wen om hulle aanspraak op Curriebeker glorie lewendig te hou terwyl die Cheetahs reeds hul plek in ‘n tuis semi-finaal bespreek het en sal poog om dit 10 oorwinnings in ‘n ry te maak.

Die afskoptyd Saterdagmiddag in die Diamantstad is 14:30.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×