Die Haaie is as die nuwe Curriebeker kampioenspan gekroon nadat hulle die Leeus in ’n yskoue Johannesburg met 16 – 14 op kon troef.

Die rustydtelling was 0 – 0 en met ’n tweede helfte wat wipplank gery het was dit die tafel gedek vir ’n riller einde en dit was uiteindelik die voormalige Leeu Jordan Hendrikse wat die Piesangboere se nuwe held was nadat hy in die 83ste minuut met ’n reuse strafskop van 60m die bal deur die pale gejaag het om die Natallers se 1ste Curriebeker trofee sedert 2018 omhoog te kon lig het.

Die tuisspan se teleurgestelde afrigter Mzwakhe Nkosi het na afloop van die edstryd gesê dat die Rooibontes vir 10 sekondes die Curriebeker-kampioen was maar dat die leierskap in die doodsniike teleurgestel het toe die bal nie voor in die lynstaan ingegooi is en net uitgeskop moes word nie.

*Die Bokke het ook ’n naelskraapse nederlaag van 28 – 29 teen die Poemas in Santiago del Estero gelei. Die Wêreldbeker kampioen was na 12 minute se spel reeds met 17 – 0 voor maar die Argentyne het nie teruggediens nie en stelselmatig begin terugveg.

Die WP losskakel Manie Libbok kon met minder as twee minute speeltyd die kastaings uit die vuur vir die Groen en Goud gekrap krap maar het ongelukkig met sy strafskop poging na die pale verbrou.

Diè twee spanne sal mekaar weer eerskomende Saterdag in Mbombela pak waar die Bokke met ’n oorwinning die Kampioenskaps-reeks titel sal inpalm.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×