Die Haaie en Bulle was aan die wenkant in die afgelope naweek se VRK-reeks nadat diè twee spanne onderskeidelik met Munster en Benetton kon afreken.

Die Haaie het 41 – 24 gewen teen Munster in Durban terwyl die Bulle met 17 -15 deurgeskuur het teen Benetton op hul tuisveld in Treviso.

Die Leeus was egter nie opgewasse teen Leinster in die Aviva Stadion nie, en het met 6 – 24 vasgeval terwyl die Stormers in ’n opwindende wedstryd teen die Glasgow Warriors in Stellenbosch met 17 – 28 die onderspit moes delf.

Leinster is steeds onoorwonne na ses wedstryde op 29 ligapunte  gevolg deur die Warriors, Bulle en die Leeus onderskeidelik op 23, 19 en 18 punte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×