Die Haaie sal volgende week teen die Leeus speel in die eindstryd van vanjaar se Curriebeker-kompetisie, ná ‘n uiters fel stryd teen die Bulle in Pretoria.

SABC-sport berig hoewel die Bulle teen rustyd met 23-19 voorgeloop het, was daar min verskil tussen die spanne, en was die telling 33-elk toe die eindfluitjie blaas. In bykomende tyd het altwee spanne sewe punte aangeteken voor die 20 minute verby is, met die telling 40-elk. Die Haaie het egter die meeste drieë gedruk, en gevolglik deurgedring tot die eindstryd.

Vroeër Saterdag het die Leeus in Johannesburg met die verdedigende kampioen, die Cheetahs, afgereken. Die telling daar was 43-34. Die eindstryd word volgende Saterdag in Johannesburg gespeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×