Die Haaie se afrigter John Plumtree het agt Springbokke gekies in sy beginspan wat die naweek die Stormers pak in hul Verenigde Rugbykampioenskap kragmeting.

Ox Nche en Vincent Koch sal in die voorry sak terwyl Siya Kolisi ingesluit is op agsteman en ook die span sal aanvoer.

Andre Esterhuizen, Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi en Aphelele Fassi sal slaankrag in die agterlyn verskaf terwyl die Springbok-skakelpaar Grant Williams en Jordan Hendrikse op die plaasvervangersbank sal wees.

Die Haaie en Stormers ontmoet Saterdag in Durban met diè stryd wat om 17:00 afskop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×