Die Bok-losskakel Handrè Pollard het in Saterdag se Engesle Premierliga-wedstryd weer ’n uithaler-vertoning vir sy klubspan die Leicester Tigers gelewer.
Die Tigers het met 28 – 15 teen die Exeter Chiefs gewen in ’n taai wedstryd waar die taktiese skopwerk van Pollard deurslaggewend was.
Leicester het vier keer agter die doelgebied ’n draai gaan maak waar die Bok nommer tien ook akkuraat na die pale gekorrel het.
Bath is na tien wedstryde tans bo-aan die punteleer gevolg deur die Bristol Bears , Saracens en die Leicester Tigers wat elk deur een punt van mekaar geskei word.