RUGBYDie Toyota Cheetahs sal vir 2 weke sonder die dienste van sy spoedvraat Munier Hartzenberg moet klaarkom nadat diè stervleuel ‘n rooikaart teen Oyonnax ontvang het.

Hartzenberg het in die 16de minuut van die kragmeting teen diè Franse span die heelagter Maxime Salles in die lug gespeel en was diè speler na ’n harsingskuddingtoets vir die res van die wedstryd buite aksie.

*Hartzenberg was aanvanklik vir 4 weke geskors maar aangesien hy sy oortreding erken en ’n goeie dissiplinêre rekord het sal hy net vir 2 wedstryde op die kantlyn hoef deur te bring en sal dus nie vir die 2 wedstryde in die SA Beker-reeks op 23 en 30 Maart  oorweeg kan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×