RUGBY – In die moderne sport era doen professionele spelers alles in hul vermoë om optimaal in elke wedstryd of kragmeting te presteer – en as dit die verf van rugbyspelers se naels insluit hoekom dan nou nie?

Dit is presies wat die 24-jarige linkervleuel van Engeland Ollie Hassell-Collins in die afgelope naweek se kragmeting teen Italië in die Sesnasies-reeks gedoen het. Hy het sy vingernaels in die wit en rooi kleure van die St George-kruis geverf en sodoende ook tong uitgesteek vir die eeu oue tradisies van diè sportsoort.

Hassell-Collins se meisie was diè een wat hom oorreed het om dit te doen waar hy ook agterna gesê het dat dit maar deel van sy karakter is en dat hy nie die punt insien om dit te verander nie.

Na afloop van die kragmeting teen Engeland is Kieran Crowley – afrigter van Italië – ook gevra hoe hy sou reageer as een van sy spelers hul vingernaels in die kleure van die Italiaanse vlag – oftewel die il Tricolore – sou verf waarop diè legendariese Nieu-Seelandse heelagter heel diplomaties geantwoord het: Hulle is volwasse mans en kan doen wat hulle wil maar as dit hul vertonings op die speelveld begin belemmer sal hy homself beslis hoorbaar maak!

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×