RUGBY – Die Toyota Cheetahs se hoofafrigter Hawies Fourie keer terug na Wellington waar hy die leisels by die Bolandse Kavaliers gaan oorneem vanaf die 1ste Maart.
Fourie se rugby loopbaan het ook daar begin waar hy ook 2 seisoene vir die Boland gespeel en ook afgerig het op klub- en senior vlak. Hy sal ook deur 4 hulpafrigters bygestaan word waar diè afrigterkorps gaan poog om die unie weer terug in die Premierliga van die Curriebeker-reeks te kry.
Hawies was vir 13 jaar verbonde aan die Cheetahs. Die span het ook onder hom die Curriebeker vir 2023 gewen wat hy ook uitsonder as een van diè hoogtepunte van sy loopbaan.
Fourie se 1ste wedstryd aan stuur van sake gaan teen die einste Cheetahs wees om die SA Beker op die 23ste Maart.
*Die voorspeler-afrigter van die Cheetahs Izak van der Westhuizen sal as tussentydse afrigter waarneem.