RUGBY – Die Toyota Cheetahs se afrigter Hawies Fourie en veelsydige speler Ruan Pienaar is ook gisteraand genomineer vir SA Rugby se Jaarlikse Sport Toekennings.
Fourie is in die kategorie Afrigter-van-die-Jaar genomineer saam met die Springbok afrigter Jacques Nienaber en John Dobson van die Stormers.
Ruan Pienaar sal meeding teen Tinus de Beer en Devon Williams van die Pumas vir die Curriebeker se Premier Liga Speler-van-die-Jaar.
Die 2023 Curriebeker kampioen die Toyota Cheetahs is ook genomineer in die kategorie Span-van-die-Jaar saam met die Stormers en die WB-kampioen die Springbokke.
*Al die wenners van die onderskeie kategorieë sal vroeg in 2024 aangekondig word.