Die Springbokafrigter Rassie Erasmus het sy laaste wedstryd groep van 23-spelers aangekondig vir die jaar 2024, en vir die eerste keer in meer as nege jaar is daar twee broers in die beginspan.
Jaden en Jordan Hendrikse is die skakelpaar, met Jaden op skrumskakel en Jordan op losskakel.
Die laaste keer dat broers saam in ‘n Springbok beginspan was, was by die Rugbywêreldbeker in 2015, toe Jannie en Bismarck du Plessis saam uitgedraf het.
In ‘n toets in 2018 teen Wallis in Washington DC was Dan en Robert du Preez ook saam in die wedstryd groep van 23 spelers.
Erasmus het gister met die media gepraat en bevestig dat Jaden en Jordan hierdie oomblik verdien.