RUGBY –  Die Bokke is deur na die Rugby Wêreldbeker eindstryd na ’n dramatiese kragmeting teen Engeland wat Suid-Afrika met 16 – 15 kon deurtrek.

Die Groen en Goud het van die afskop af hulself sowel as ondersteuners in die Stade de France en mense tuis onder geweldige gedruk geplaas en was nie so goed soos toe hulle ook die Franse Hane met 1 punt kon geklop het nie.

Engeland het die tempo van die wedstryd beheer en hier was die skrumskakel Alex Mitchell briljant met sy taktiese lugskoppe terwyl die Rose se lynstaanspel ook baie beter as die Bokke s’n was.

Die verskil tussen wen en verloor was die Bokke se Bomb Squad en hier verdien RG Snyman , Deon Fourie , Kwagga Smith en Ox Nche ’n groot klop op die skouer. Snyman was ook die enigste speler wat vir ’n drie kon oorgaan.

Dit was uiteindelik die Speler-van-die-Wedstryd Handrè Pollard wat soos teen Frankryk senuwees van staal getoon het om in die 78ste minuut die wenskop waar te neem.

Suid-Afrika en aartsvyande Nieu-Seeland pak mekaar nou Saterdagaand om 21:00 om te bepaal wie as die 2023 Rugby Wêreldbeker kampioen gekroon sal word.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×