RUGBY – Die voormalige Wallaby kaptein Michael Hooper het ook nog nie heeltemal sy voete gevind in die korter weergawe van die spel nie en sal ook nie later vandeesmaand sy debuut vir die Aussie 7’s span in die Perth-toernooi maak nie.
Volgens die afrigter John Manenti is Hooper hard aan die werk om by die werklading in die 7’s formaat aan te pas en sal hopelik gereed wees om in die Vancouver-toernooi wat tussen 23 tot 25 Februarie plaasvind losgelaat te word.
*Hooper wat die Goue Truie in 125 toetse verteenwoordig het sal ook hoop om later vanjaar vir Australië by die Olimpiese Spele in aksie te wees.