RUGBY – 3 wedstryde is die afgelope naweek in die Sesnasies-reeks afgehandel.
Ierland het gewys waarom hulle tans die nommer 1 span in die wêreld is toe hulle Frankryk in ’n klassieke wedstryd met 32 – 19 uitoorlê het. Die Iere het 4 drieë gedruk terwyl die Hane met slegs ’n enkele 5-punter kon antwoord.
Wallis se treurmare op die rugbyveld duur voort toe Skotland ’n maklike oorwinning van 35 – 7 behaal het. Die Rooi Drake kon ook met net 1 drie antwoord terwyl die Skotte 5 keer agter hul opponente se doellyn ’n draai gaan maak het.
Gister kon Engeland darem hulle veldtog aan die gang kry toe hulle ‘n ongedissiplineerde Italië op Twickenham met 31 – 14 geklop het.
Die Italianers is met 2 geelkaarte gestraf wat ook aan Engelse die momentum gegee het om uiteindelik 5 keer te gaan druk terwyl die Azzuri met slegs 2 drieë kon antwoord.