RUGBY – Ierland het Suid-Afrikaanse ondersteuners se harte gebreek na ’n dramatiese laaste sekonde oorwinning van 25 – 24 oor die Bokke in Saterdag se 2de toets op Kingspark in Durban.

Connor Murray het die besoekers se enigste drie gedruk na briljante spel tussen Jack Crowley ,  Jamie Osrborne en Robbie Henshaw wat diè glibberige skrumskakel langs die regter regoppaal laat sien oorval het.

Crowley en Handrè Pollard het die telbord aan die gang gehou maar dit was Ciarán Frawley wat die einste Crowley in die 59ste minuut vervang het wat uiteindlik die Iere se held sou wees.

Hy het eers in die 69ste minuut sy 1ste skepskop oorgeklits en daarna in leterlik die laaste beweging van die wedstryd Kingspark geskok met ‘n 2de skepskop om ‘n 1 punt oorwinning te verseël en die Bokke van ’n reeks-sege te ontneem.

 

*In Curriebeker aksie het die Griekwas die Haaie in Kimberley met 34 – 31 gestuit terwyl die Leeus het die Pumas se tande in Mbombela getrek met ’n weghol telling van 75 – 21.

Die Cheetahs  wat die verdedigende kampioen is het die WP met ’n pakslae van 37 – 17 terug Kaap toe gestuur terwyl die Bulle die Griffons ook Sondagmiddag met 52 – 10 in Welkom karnuffel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×