Ierland en Wallis het terugslae beleef voor die afskop van die 2025 Sesnasies-reeks.
Ierland se ervare vasskopstut Tadhg Furlong sal nie in Saterdag se openingswedstryd teen Engeland uitdraf nie nadat diè kragman ‘n kuispierbesering opgedoen het tydens ‘n oefenkamp in Portugal met die groentjie Jack Aungier wat as plaasvervanger ontbied is.
Aungier se Connacht se spanmaat Finlay Bealham sal heel moontlik vir die begin vyftien-tal uitdraf met diè wedstryd wat om 18:45 (SA tyd) afskop.
Wallis sal ook met ’n nuwe voorry speel nadat WillGriff John harsingskudding opgedoen het vir die Sale Sharks in hul Premierlga-wedstryd teen Bath.
Die Drake speel in die openingswedstryd van die Sesnasies teen Frankryk en het in hul laaste vyf kragmetings teen die Les Blues verloor.