Die Ikeys is as die nuwe Varsitybeker-kampioen gekroon nadat hulle die Maties met 44 – 21 in die Eikestad geklop het.

Die Tigers  was teen rustyd met 19 – 11 voor maar dit was uiteindelik die Speler- en Agterspeler van die Jaar Ntokozo Makhaza wat geskitter het met ‘n persoonlike bydrae van 32 punte wat ’n vyf- en sewepuntdrie sowel as vier doel- en vier strafskoppe ingesluit het.

Die Maties se slot Carel van der Merwe is as die reeks se Voorspeler van die Jaar aangewys terwyl die Universiteit van Johannesburg se nommer tien Alzeadon Felix diè reeks se Nuweling van die Jaar was.

error: Inhoud is beskerm !!