Die Ikeys se Varsitybeker ster Ntokozo Makhaza gaan binnekort sy loopbaan in Bloemfontein voortsit.

Dié belowende linkervleuel is vroeër die week vir ’n tweede agtereenvolgende jaar as die Speler-van-die-Reeks aangewys en is ook met die toekenning as Agterspeler-van-die Jaar  beloon.

Makhaza is ’n gebore Oos-Vrystater en het in Bethlehem groot geword waar hy in 2019 aan Northwood School in Durban gematrikuleer het en sedert 2022 vir die Tigers uitdraf.

Dié spoedvraat wat ook spog met ’n kanonvoet  het in vanjaar se Varsitybeker-reeks 155 punte ingesamel en gaan beslis die Vrystaters in dié departement versterk.

error: Inhoud is beskerm !!