RUGBY – Daar was ook weereens vuurwarm rugby gister opgedis in Ronde nommer 3 van die Varsitybeker-reeks.
Die Universiteit van Johannesburg was eerste teen die Ikeys in aksie en het die kragmeting met 43 – 24 gewen terwyl die Maties die Pukkie in Potchefstroom aangedurf het en in diè rillerstryd die knoop met 31 – 28 kon deurhak.
In Bloemfontein het die Ixias ook gewys dat laasweek se oorwinning teen die Maties geen gelukskoot was nie en het die verdedigende kampioen die Tukkies met 41 – 39 getroef. Dit was ook die Sentrale Universiteit van Tegnologie se 1ste oorwinning oor die Prertorianers sedert 2021 waar die Bloemfontein studente diè kragmeting met 1 punt kon wen.
Op Shimla Park het die tuisspan ook Wits aangedurf en in ’n spannende wedstryd uiteindelik met 26 – 25 die botoon gevoer.