Die Ixias , Shimlas en Wits sal hul wonde lek nadat diè drie spanne pakslae gekry het in die vierde ronde in vanjaar se Varsitybeker-reeks.

Die Sentrale Universiteit van Tegnologie se Ixias het hulself vasgeloop teen Tuks en is met 26 – 63 op hul tuisveld verinneweer terwyl die Shimlas in Potchefstroom teen die Pukke en hul ondersteuners ’n opdraende stryd moes voer en die verdedigende kampioen van Bloemfontein met 14 – 59 streepsuiker gekry het.

Wits het ook ’n lang aand in die Kaap gehad toe die Ikeys hulle met 73 – 17 van die veld af gespeel het terwyl die Maties hulle onoorwonne rekord behou het deur UJ met 25 – 7 in hul eie agterplaas te klop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×