Die afrigter van die Bulle Jake White het die rugby kalender wat tans gevolg word verwerp en dit beskryf as nie volhoubaar nie.

Diè Pretoria-franchise loop die laaste ruk onder beserings deur met Ruan Nortje en Elrigh Louw wat buite aksie is en wag nou ook op nuus van Jan-Hendrik Wessels , Cobus Wiese en Marcell Coetzee.

Diè drie-tal het vroeg die veld verlaat gedurende hulle 33 – 32 sege oor die Stormers die afgelope naweek.

White het na daardie oorwinning gesê dat om 12 maande per jaar te speel kom teen ‘n koste en gaan op die einde van die dag diè spel nadelig beïnvloed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×