Die Wallabie stut, James Slipper, gaan na verwagting diè naweek een van die mees ervare Australiese rugbyspelers word.

As die 35-jarige in die Wallabies span ingesluit word vir die naweek sy toets in Santa Fe sal hy gelyk trek met die skrumskakel George Gregan as die speler met die meeste toetswedstryde vir Australië.

Slipper is terug in die Wallabie kamp in Argentinië na hy verlede naweek se toets teen die Pumas misgeloop het om sy vrou by te staan vir die geboorte van hul tweede  kleintjie.

Daar word verwag dat Slipper beslis toets nommer 139 sal speel nadat Isaac Kailea in die afgelope naweek se 20-19 oorwinning in Buenos Aires ‘n hou teen die kop gekry het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×