Die Bulle het vir ‘n tweede week in ‘n ry dit reg gekry om na ‘n wedstryd ‘n rooi kaart om te keer.
Die Bulle se plaasvervanger haker, Johan Grobbelaar, was die afgelope Vrydag met ‘n rooi kaart van die veld gestuur in die 67ste minuut van hulle 22-23 nederlaag teen Scarlets – na ‘n hoogvat.
‘n Amptelike aankondiging van die Verenigde Rugbykampioenskap sal later Dinsdag aangekondig word.
Volgens Rugby365.com, is die rooi kaart afgegradeer na ‘n geel kaart en Grobbelaar sal beskikbaar wees vir Vrydagaand se kragmeting teen Benetton.