RUGBY – Nadat Wallis se ringkoppe ook besluit het om Wayne Pivac die deur te wys na ’n swak vertoningslys het die Engelse Rugbyunie dieselfde paadjie gevolg en die Australiër Eddie Jones die trekpas gegee.

In ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is word daar gemeld dat die redes vir die span se vertonings in November een van diè vernaamste redes is hoekom die Aussie die deur gewys is.  Engeland het ook ’n teleurstellende Sesnasies-reeks vroeër vanjaar gehad en het ook onlangs pakslae teen Argentinië en die Bokke gekry en moes ook met ’n gelykopuitslag teen die All Blacks tevrede wees.

Jones was sedert 2015 gekontrakteer en sou die Rose tot aan die einde van die Wêreldbeker-toernooi afrig wat volgende jaar in Frankryk beslis word.    

Die voorspeler-afrigter Richard Cockerill sal intussentyd waarneem as afrigter totdat ’n nuwe aanstelling gemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×