RUGBY – Die uitgeslape afrigter van Engeland Eddie Jones het versterkings voorlangs ingeroep vir môre se groot stryd teen die wêreldkampioen op Twickenham.
Jones het ook bygevoeg dat die Rose ’n geweldige aanslag voorlangs van die Bokke verwag aangesien die besoekers die pap dik in die skrum gaan aanmaak en ook dat hulle baie gevaarlik met hul aanslag in die lug kan wees.
Die Aussie het ook effens die wenkbroue laat lig toe hy besluit het om Alex Coles speelkans gee ten koste van Sam Simmonds op die steelkant-flank maar is vol vertroue dat Coles die antwoord gaan wees om teen Franco Mostert in die lynstane mee te ding.
Verder het Jones ook besluit om Mako Vunipola op loskopstut te kies waar hy oorneem by die onderkaptein Ellis Genge wat skuif na die reserwebank en vertrou ook nou dat Genge die perfekte teenvoeter gaan wees wanneer die Bokke se “Bomb Squad” uiteindelik hul verskyning gaan maak.
Diè wedstryd begin Saterdagaand 19:30 (SA Tyd).