RUGBY – Die o.16 Grant Khomo rugbyweek wat by die Hoër Landbouskool Boland aangebied was het ook gister op ’n hoogtepunt vir die Bulle in gietende reën teen die Vrystaat afgeëindig toe die Ligbloues die hoofwedstryd met 20 – 12 gewen het nadat die span met halftyd ’n agterstand van 5 – 12 kon uitwis.

Die WP wat weens ’n tegniese fout nie sy rasteikens eergister teen die einste Bulle reg gehad het nie kon darem ’n uitdagende week met ’n oorwinning van 10 – 5 oor die Leeus in die hoofvoorwedstryd afsluit.

In die ander kragmetings het die Pumas SWD naelskraap met 24 – 19 geklop, die Limpopo Bulle kon Zimbabwe met 29 – 16 troef, OP het met 15 – 12 oor die Boland koning gekraai, die Valke het naelskraap met  6 – 0 teen die Griffons gewen terwyl die Vrystaat-vyftiental net te goed vir Grens-platteland was met ’n oorwinning van 28 – 7.

Die Griekwas het ook Namibië met 23 – 0 uitoorlê, die Grens en Luiperds het met 12 – 12 gelykop gespeel terwyl die Westelike Provinsie vyftiental die toernooi ook afgesluit het met ’n sege van 25 – 8 oor die Haaie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×