Vrystaat Rugby het hul O/19 en O/21 spanne bekend gemaak wat Vrydag teen die Westelike Provinsie speel. Die wedstryde word onderskeidelik in die Bloemfonteinse Toyota Stadion gespeel. Om 12:30 speel die O/19’s terwyl die O/21’s bietjie later om 15:00 speel.
In die Toyota Challenge, speel die Toyota Cheetas teen die Novavit Griffons. Dit sal Sondag om 15:45 gebeur, ook in Bloemfontein se Toyota Stadion.