Die Junior Bokke het Vrydag hul laaste oefenkamp voltooi in aanloop tot die Wêreldkampioenskap vir o.20-spanne wat oor drie weke in Italië afskop.

Die span se hulpafrigter Lumumba Currie sê die spelers is fiks, vars en gereed vir die uitdaging ná ʼn welverdiende ruskans.

12 spanne sal meeding in drie Groepe. Die Jong Bokkies sal in Groep A sake uitspook teen Australië, Skotland en die verdedigende kampioen Engeland.

In Groep B speel Frankryk, Argentinië, Wallis en Spanje teen mekaar terwyl Nieu-Seeland, Ierland, Georgië en die gasheerland Italië mekaar in Groep C gaan opkeil.

*Diè toernooi duur van 29 Junie tot 19 Julie.

error: Inhoud is beskerm !!