RUGBY – Die Junior Bokke is oorgehaal vir hul openingswedstryd teen die gevaarlike Nieu-Seeland van die o.20 Rugby Kampioenskaps-reeks in Australië begin.
Die Groen en Goud se lenige slot JF van Heerden is een van die handjie vol spelers wat reeds internasionale ervaring het aangesien hy ’n groot faktor was vir die Junior Bokke se 3de plek in verlede jaar se o.20 Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad.
Van Heerden wat 2.01m in sy sokkies staan en die skaal op 115kg laat kreun sal met sy ondervinding en kalmte sy span tot hoër hoogtes probeer neem.
Die Junior Bokke speel Donderdag teen Nieu-Seeland en pak 5 dae later die gasheerland Australië waarna Argentinië dan op hul wag die 12de Mei.
*Al die wedstryde word in die Sunshine Coast Stadion in Queensland gespeel.