Die Junior Bokke het hul openingswedstryd op ’n wennoot afgekop in die o.20 Rugby Kampioenskapsreeks nadat hulle Argentinië met 36 – 25 in die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha geklop het.

Alhoewel die tuisspan vyf drieë gedruk het en die tweede helfte oorheers het, sal afrigter Kevin Roote ’n teenvoeter moet vind vir hul algemene lynstaanspel. Dit, aangesien sy span heelwat balbesit in diè faset afgestaan het en die Argentyne ook meegeding het op Junior Bokke se eie ingooie.

Die Suid-Afrikaners se volgende wedstryd is Dinsdag teen die Australië, nadat die Aussies met 29 elk gelykop gespeel het teen Nieu-Seeland in die openingswedstryd.

Diè wedstryd skop om 16:10 af.

error: Inhoud is beskerm !!