RUGBY – Die Junior Bokke pak Australië Dinsdag in die 2de ronde van die o.20 Rugbykampioenskaps-reeks nadat hulle in triestige toestande gelykop gespeel het teen die All Black in die openingsronde met 13 – 13.

Die Wallabies kon egter nie die mas opkom in hul 1ste wedstryd teen die Jong Pumas nie en is met 25 – 6 oorrompel.

Die 2 spanne se afrigters Nathan Grey en Bafana Nhleko het ook heelwat veranderinge aangebring met die Aussies wat 10 nuwe spelers ingesluit het en die Groen en Goud wat self 9 veranderinge aangebring het.

*Nieu-Seeland en Argentinie speel om 08:50 (SA Tyd) terwyl die Wallabies en Jong Bokkies om 10:50 sal uitdraf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×