Die Junior Bokke sal vandag meer vrae as antwoorde hê nadat hulle ’n gulde geleentheid verspeel het om met die Aussies in die tweede ronde van die o.20 Kampioenskaps-reeks in Gqeberha af te reken.
Die tuisspan was kllinies in die eerste helfte en het ’n voorsprong van 17 – 0 opgebou. Die lynstaanspel was uitstekend, die skrumwerk was briljant en die rolmaal-bewegings bykans onstuitbaar maar toe die eindfluitjie blaas het die telbord aangedui: Aussies 29 , Suid-Afrika 24.
Die Jong Bokkies sal egter nou sake moet regtrek wanneer hulle Nieu-Seeland Sondag in ronde nommer drie in die Nelson Mandela-baai stadion gaan aanvat.
*Die einste Nieu-Seeland was juis ook op die oorlogspad in hul tweede ronde wedstryd toe die Swart Truie vir Argentinië met 75 – 21 oorrompel het. Die Pumas se verdediging is aan flarde gehardloop en moes toesien hoe daar ’n totaal van 11 drieë teen hulle gedruk word.
Argentinië en Australie sal mekaar weer Sondag om 14:00 in Gqeberha opdreun.