RUGBY – Kaartjies vir die historiese Bokke en Portugal Toets wat op 20 Julie in Bloemfontein afskop sal teen eerskomende Vrydag beskikbaar wees.
Die Wêreldbeker-kampioen keer vir die 1ste keer weer terug na die Rosestad nadat hy laas in 2022 met 13 – 12 teen Wallis hier vasgeval het. Die Bokke kan taai teenstand van Portugal te wagte wees aangesien die Os Lobos ook in verlede jaar se WB-toernooi Fidji in hul laaste groepwedstryd geklop het.
*Kaartjies wissel van R350 tot R450 op die oop paviljoen en R550 vir die hoof paviljoen en is slegs beskikbaar vanaf die kaartjiekantoor in die Toyota Stadion of aanlyn by www.ticketpros.co.za