Die Toyota Cheetahs sal die week selfondersoek moet doen nadat die Boland Kavaliers hulle met 45 – 29 in die openingsronde van die SA-Beker-toernooi in Wellington afgeransel het.

Die tuisspan het amok gemaak teen die Vrystaatse besoekers in die eerste 20 minute en die punte ingeryg  waarna die Cheetahs egter toe ’n terugvegpoging geloods het. Teen halftyd het was die telling 19 – 12 in Boland se guns maar in die laaste tien minute het die Kavaliers 13 punte ingesamel om diè oorwinning te beklink.

In die ander wedstryde het die verdedigende kampioen die Griekwas die Luiperds met 64 – 7 uit die pad gevee  terwyl die Pumas die Arende met 75 – 7 oorrompel het. Die Griffons het die Bulldogs met 55 – 32 geroskam waarna die Valke met 41 – 30 oor die Ooostelike Provinsie kon seëvier.

In die VRK-reeks het die Haaie net-net deurgeskuur teen die Leeus en met 25 – 22 in Durban gewen.

In die Sesnasies-kampioenskap het Frankryk vir Ierland in die Aviva Stadion met 42 – 27 geskok terwyl Skotland strawwe weerstand van Wallis afgeweer het om op Murrayfield met 35 – 29 die doedelsak te kon blaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×